Met meer as 30 jaar se ervaring word ons beskou as spesialiste in sekwestrasies(vrywillige boedeloorgawe), likwidasies en rehabilitasies.
Ons baseer ons sukses op ons uitgebreide kennis, koste-effektiwiteit en deernis vir ons kliënte se unieke situasies.
Ons top bestuur word voortdurend gekontak deur ander prokureursfirmas vir advies met betrekking tot sekwestrasies asook likwidasies en word beskou as kenners op hierdie gebied. Ons aansoeke word by die Universiteit van Pretoria gebruik om regstudente te wys hoe korrekte aansoeke moet lyk. Ons toegewyde hulp aan kliënte en die vermoë om die beste moontlike advies te verskaf in moeilike omstandighede, onderskei ons maatskappy van ons mededingers. Ons is trots op die feit dat ons nie kortpaaie in enige aansoeke neem wat ons kliënte kan benadeel nie . Ons sukses is gebaseer op ‘n eerlike aansoek benadering, soos weerspieël word deur verwysings van ons kliënte.
Ingewikkelde insolvensie woorde het jy nie nou nodig nie.
Wat belangrik is!
• Jy wil weer slaap
• Jy wil die foon antwoord
• Jy wil weer jou kinders bederf
• Jy wil weet jou salaris hou langer as ‘n dag
• Jy wil nie bang wees vir ‘n klop aan die deur nie
• Jy wil nie jou meubels verloor nie
• Jy wil nie verskonings uitdink vir familie nie
• Jy wil nie verder geld leen by jou werkgewer nie
• Jy wil nie weer duisende rande aan skuldberading betaal nie
• Jy wil nie jou kinders se ekstra klasse weier nie
Ons beleef die emosies saam ons kliënte en wil help met ‘n uitkoms.
in Boedeloorgawes, Sekwestrasies, Likwidasies & Rehabilitasies
Maritha Botha Insvolvensies 1ste Vloer, Roslynstraat 1, Brackenfell, Kaapstad, 7550