Met meer as 30 jaar se ervaring word ons beskou as spesialiste in sekwestrasies(vrywillige boedeloorgawe), likwidasies en rehabilitasies.
Ons baseer ons sukses op ons uitgebreide kennis, koste-effektiwiteit en deernis vir ons kliënte se unieke situasies.
Ons top bestuur word voortdurend gekontak deur ander prokureursfirmas vir advies met betrekking tot sekwestrasies asook likwidasies en word beskou as kenners op hierdie gebied. Ons aansoeke word by die Universiteit van Pretoria gebruik om regstudente te wys hoe korrekte aansoeke moet lyk. Ons toegewyde hulp aan kliënte en die vermoë om die beste moontlike advies te verskaf in moeilike omstandighede, onderskei ons maatskappy van ons mededingers. Ons is trots op die feit dat ons nie kortpaaie in enige aansoeke neem wat ons kliënte kan benadeel nie . Ons sukses is gebaseer op ‘n eerlike aansoek benadering, soos weerspieël word deur verwysings van ons kliënte.
Maritha Botha Insvolvensies 1ste Vloer, Roslynstraat 1, Brackenfell, Kaapstad, 7550