Boedeloorgawe is ‘n proses wat daargestel is deur die Howe om persone te help wat as gevolg van onvoorsiene omstandighede nie meer in staat is om hulle skuld te betaal nie.
’n Boedeloorgawe stel jou instaat om weer ’n meer normale finansiële lewe te lei – waar jy volgens jou inkomste kan lewe. Na ‘n boedeloorgawe sal jy weer jou selfoon of telefoon kan antwoord sonder vrees. Jy sal ‘n antwoord hê vir skuldeisers wat jou dag en nag bel vanaf “private numbers”. Jy hoef nie meer skrikkerig te wees dat die vreemde motor by jou huis dalk die Balju is wat weer sy opwagting maak nie.
Die Hofreëls bepaal dat jy ‘n persentasie van die totale skuld aan die Kurator moet betaal. Hierdie persentasie wissel van Hooggeregshof tot Hooggeregshof. Indien jou totale skuld byvoorbeeld R500,000 beloop sal jy ongeveer R160,000 terugbetaal, en as jou totale skuld byvoorbeeld R300,000 beloop sal jy ongeveer R105,000 terugbetaal. Die bedrag werk op ’n glyskaal. Hierdie bedrag sluit reeds vasgestelde kostes in wat beteken dat jy nie op ‘n latere stadium verras sal word met ekstra kostes nie. Alles word voor die tyd presies bereken en jy sal dan weet wat die terugbetaling gaan wees.
‘n Groot voordeel is dat die bedrag wat jy terugbetaal sonder rente bereken word. Ons onderhandel saam met jou met die Kurator om hierdie bedrag terug te betaal – gewoonlik oor tussen 18 en 24 maande.
Vir jou om hierdie geld te genereer doen ons die volgende in terme van die Hofreëls:
Ons het ‘n kantoor in Melkbosstrand,Brackenfell en Mosselbaai (Wes-Kaap) sowel as in Pretoria (Gauteng).
Ons het jurisdiksie in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Wes en die Wes-Kaap.
Die belangrikste: FINANSIëLE VRYHEID. Jy en jou gesin kan ‘n nuwe begin maak – skuldvry. Jy hoef dus nie meer te skrik vir die onbekende nommers op jou selfoon nie. Dit help nie om vir jou finansiële probleme te vlug nie. Sorteer dit uit met die hulp van ‘n vrywillige boedeloorgawe..
Ons ontvang ons fooie vir die bring van die aansoek (boedeloorgawe/sekwestrasie/insolvensie) eers wanneer die transaksie rakende jou bates deur die Kurator afgehandel is.
Die aanvanklike uitgawes/kostes vir ons om die aansoek namens jou te hanteer beloop R8,900.00 Dit word as volg saamgestel:
Ons moet die betaling van die R8,900,00 vir die uitgawes/kostes ontvang voordat ons met die boedeloorgawe kan begin. Die oomblik nadat jy die dokumente onderteken het, begin ons uitgawes/kostes dadelik. Ons moet die Advokaat, Waardeerder, Staatsdrukker ensovoorts onmiddellik na ‘n instruksie betaal.
Hou asseblief in gedagte dat ons ‘n kennisgewing aan jou gee wat jy dan aan enige skuldeisers kan faks/epos om hulle in kennis te stel van die aansoek. Dit stel jou in staat om die R8,900 te betaal.
Jy is welkom om die uitgawe/kostes in die “boedeloorgawe-mark” te toets. Die gemiddelde deposito wat firmas verlang alvorens hulle met enige aksie begin of jou te woord sal staan, beloop ongeveer R30,000. Sommige firmas in Johannesburg/Midrand vra tot R40,000 om die uitgawes te dek vir so ‘n aansoek. Verskeie firmas in die Wes-Kaap en Gauteng maak nie ‘n geheim daarvan dat hulle nie ‘n kliënt te woord wil staan indien daar nie eers ‘n deposito van ten minste R15,000 in hulle rekeninge betaal is nie.
Indien dit egter vir jou onmoontlik is om die bedrag in een paaiement of dadelik te betaal, kan jy dit afbetaal in twee paaiemente, maar ons moet eers die totaal van R8,900.00 ontvang voordat ons met die aansoek kan begin. Ons kan intussen vir jou die dokument gee dat ons ‘n aansoek om boedeloorgawe gaan bring maar ons kan niks formeel doen alvorens die R8,900.00 in totaal by ons inbetaal is nie. Aangesien hierdie bedrag slegs jou aansoek se uitgawes/kostes dek, is dit ‘n maatskappy beleid en kan ons nie daarvan afwyk nie – dankie vir jou begrip.
Moet asseblief nie dat jy ook om die bos gelei word deur instansies wat aanbied om jou te help vir R4,000 of R5,000 nie. Daardie instansies se kliënte eindig ongelukkig gewoonlik by ons op omdat daar óf niks gebeur nie óf omdat alles verkeerd loop en daardie instansies geen idee het hoe om insolvensies te doen nie.
Ons eerste inligtingsblaaie is in 2006 deur my persoonlik geskryf. Ander instansies gebruik ons inligting woord vir woord op hul webblaaie en brosjures – spelfoute en al! Dikwels spog hulle met 20 of 30 jaar ondervinding intussen het ons hulle opgelei 5 jaar terug!
Om sulke instansies te gebruik kan jou duur te staan kom, en op die ou end gaan jy in elke geval terug kom na ons toe. Ons eie kliënte is ons grootste verwysings!
Die inligting in hierdie dokument is die harde feite – geen skrikmaak of verskuilde praatjies nie.
Tyd is ‘n baie groot faktor, veral as die Balju jou reeds op die naam groet.
Die bal moet so gou as moontlik aan die rol gesit word – waarmee ons kan help.
Maritha Botha Insvolvensies 1ste Vloer, Roslynstraat 1, Brackenfell, Kaapstad, 7550